主页 > 词条 > 南非语 (AF) > Hergé

Hergé

Georges Prosper Remi (22 May 1907 – 3 March 1983), beter bekend deur die pen naam Hergé, was 'n Belgiese strokiesprente skrywer en kunstenaar. Sy bekendste en mees aanmerklike werk is die 23 voltooide strokieprent boeke in Die Avonture van Kuifie-reeks, wat hy geskryf en geïllustreer vanaf 1929 tot met sy dood in 1983, alhoewel hy ook verantwoordelik was vir die ander bekende strokiesprent-reekse, soos Quick & Flupke (1930-1940) en Jo, Zette en Jocko (1936-1957).

Die merkwaardige eienskappe van die Kuifie stories sluit hul duidelike humanisme in, 'n realistiese gevoel wat deur noukeurige en omvattende navorsing geproduseer is, en Hergé se ligne claire tekening styl. Volwasse lesers geniet die vele satiriese verwysings na die geskiedenis en politiek van die 20ste eeu. Die Blou Lotus, byvoorbeeld, is geïnspireer deur die Mukden voorval wat gelei het tot die Chinese-Japanese oorlog van 1934. Koning Ottokar se Septer kon teen die agtergrond van Hitler se Anschluss of in die konteks van die stryd tussen die Roemeense Yster Waak en die koning van Roemenië, Carol II gelees word, terwyl latere albums soos Die Calculus Affêre die Koue Oorlog uitbeeld. Hergé het een van die mees bekende Belgiese in die wêreld geword en Kuifie is nog steeds 'n internasionale sukses.

0
  • 词性: 专有名词
  • 同义词:
  • 词汇:
  • 行业/领域: 人物
  • 类别 艺术家
  • Company:
  • 产品:
  • 取首字母的缩写词:
添加至 My Glossary

您想要说什么?

您必须登录,才能发布信息讨论。

新闻词条

精选词条

Karin Stelzmann
  • 0

    词条

  • 0

    词汇

  • 0

    关注者

行业/领域: 人物 类别 艺术家

Antoni Gaudí

(1852-1926) Spaanse argitek en die bekendste verteenwoordiger van Katalaans Modernisme. Hy was die eerste in wat die Trencadis gebruik het. Dit is ...

贡献者

精选词汇表

Best Goalkeepers in Worldcup 2014

类别: 娱乐   1 9 词条

Most Popular Cooking TV Show

类别: 娱乐   4 7 词条

按照类别浏览术语