主页 > 词条 > 南非语 (AF) > Cerebellum
Cerebellum
Kleinharsings, dié afdeling van die harsings net agter die breinstam, bo-op die 4de ventrikel geleë. Dit bestaan uit 'n middellob en twee sylobbe, verbind met die ander dele van die harsings deur drie paar stele (pedunculi cerebri); aan die buitekant bestaan dit uit grys stof en aan die binnekant uit wit stof. Die buitekant het 'n geriffelde voorkoms deurdat die grys stof min of meer gekrulde induikings in die wit stof maak. Die besondere werk van die cerebellum is die koördinering van die spiere en die bewaring van die liggaamlike ewewig.
0
1
完善词条
您想要说什么?
新闻词条
精选词条
Larinks
Strottehoof: Die boonste deel van die lugpyp bevat 'n raamwerk van kraakbeentjies en spierweefsel, genoem die larinks. Dit manipuleer volume en ...